book-icon Uitgawe April-Mei 2022

RESEP | Roulade met biltong en avokadopeer

akkreditasie

1 Voorverhit die oond tot 170 °C. Voer ’n klein bakplaat (35 cm x 25 cm) met bakpapier uit en spuit dit met kleefwerende kossproei. Smelt die botter in ’n kastrol en klits die meel by tot goed gemeng. Klits die melk geleidelik met ’n ballonklitser by en roer dan oor matige hitte totdat die witsous verdik. Geur goed met sout en peper, verwyder van die hitte af en laat effens afkoel.

2 Roer die grasuie en die eiergele by. Klits die eierwitte met ’n elek-triese klitser styf en vou eers net ’n skeppie van die eierwit en dan die res by die beslag in. Gebruik ’n dun metaallepel of -spaan hiervoor sodat jy so veel as moontlik van die lug behou. Skep die beslag in die bakplaat, maak gelyk en bak vir 25 minute of tot ligbruin en gaar. Keer dit uit op ’n draadrakkie en laat dit effens afkoel voordat jy die bakpapier aftrek.

3 Smeer die roomkaas oor die hele oppervlak van die roulade. Pak die avo oor, strooi die biltong en sampioene oor en rond die vulsel af met vars spinasie en bros  uievlokkies.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan