Salmsosaties

akkreditasie

Vir 4 |Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 6 minute

• 500 g salmfilette
• 2 suurlemoene, in dun skyfies gesny
• 16 bamboes- of houtsosatiestokkies, in water geweek
• 2 knoffelhuisies, fyngekap 
• 2 eetlepels vars dille of vinkel, fyngekap
• 2 eetlepels vars pietersielie, fyngekap
• 1 teelepel dijon-mosterd
• 2 eetlepels sojasous
• 2 eetlepels olyfolie
• sap van ½ suurlemoen
• ¼ teelepel rissievlokkies
• ¼ teelepel fyn komyn
• ¼ teelepel gemaalde swartpeper

1. Sny die salm in blokkies van 2 cm – sorg dat die blokkies ewe dik is sodat dit eweredig kan braai. (Ek hou die vel aan.)

2. Om te keer dat die salm uitmekaar vlok, ryg elke sosatie op twee stokkies: Steek een naby die kant deur ’n salmblokkie (nie in die middel nie), vou ’n skyfie suurlemoen dubbel en ryg dit ook naby aan die een kant op die stokkie. Hou so aan totdat jy ’n stuk of vyf salmblokkies en suurlemoenskyfies op die stokkie het, en steek dan ’n tweede stokkie parallel met dié een deur alles. Pak die sosaties in ’n plat bak.

3. Meng die res van die bestanddele goed saam en gooi dit oor die sosaties.

4. Sorg dat die rooster goed skoongemaak is en smeer dit met ’n geoliede lappie. Braai die sosaties oor matige kole – so 3 minute aan elke kant – tot die vis gaar is volgens jou smaak. Sit dit dadelik voor met ekstra suurlemoenwiggies sodat almal nog sap bo-oor kan uitdruk.


WENK: Jy kan die sosaties ook vir 8-10 minute in ’n oond van 180 °C bak.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan