
Jy benodig
- 450 g botter teen kamertemperatuur
- 900 g suiker
- 10 groot eiers
- 170 g koekmeel
- 170 g kakao
- ’n knippie sout
Só maak jy
1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n standaardgrootte oondbak met botter en bedek die bodem met bakpapier.
2 Gebruik’n elektriese klitser om die botter en die suiker saam tot klits tot die mengsel ’n ligte kleur kry. Klits die eiers een vir een by.
3 Sif die meel, kakao en sout saam en roer dit by die eiermengsel in. Skep die deeg in die oondbak en bak dit vir 35-40 minute. Die brownies is reg wanneer jy ’n tandestokkie insteek en dit net-net skoon uitkom.
4 Laat die brownies afkoel en keer dit dan uit die oondbak. Sny dit in blokkies.
Weg Ry & Sleep sê: Vir nog méér bederf, voeg neute van jou keuse by die deeg, of probeer donker karamelsuiker, vir ’n nuwe geur.