Dis waar! Veral is dit kom by wynproe. Dié souterige, gerookte lekkerte pas by verskeie variëteite.
Hier is drie wyne wat jy vandeesmaand kan probeer: Witwyn is ’n goeie pasmaat vir spek, want die suurheid sal die ryk vetterigheid temper.
Die Journey’s End Haystack Chardonnay 2018 (R99) is deel van ’n elkedagreeks van hierdie Helderbergse landgoed en bied goeie waarde vir geld in ’n stylvolle verpakking. Dis ’n drinkbare chardonnay met suurlemoen- en perske-ondertone en ’n tikkie romerige eikehout.