Slaai met vuurgebakte aartappels

akkreditasie
’n Lekker slaai met ’n onverwagte kinkel is al wat jy nodig het om ’n maaltyd op te kikker.

Vir 8 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 1 uur

  • 10 middelslag-aartappels
  • 2 eetlepels heelkorrelmosterd
  • ¼ koppie olyfolie
  • 1 suurlemoen se sap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 1 teelepel seesout
  • ’n knippie swartpeper
  • 300 g babaspinasie- en roketblare, gemeng
  • roomkaas of ’n hand vol parmesaankaas (opsioneel)

Draai die aartappels in foelie toe en bak dit in die kole tot gaar en sag.

2 Meng die mosterd, olie, suurlemoensap, knoffel, sout en peper goed saam in ’n bekertjie.

Sodra die aartappels hanteerbaar is (maar hoe warmer hoe beter), sny jy dit in hapgrootte stukke en sit eenkant in ’n bak.

Sprinkel die spinasie- en roketblare oor die aartappels en giet die slaaisous oor. Meng dit liggies deur en druk ’n paar stukke aartappel met die houtlepel fyn. Die hitte van die aartappels sal die blare effens laat verlep.

Sit die slaai dadelik voor saam met ’n skeppie roomkaas of ’n hand vol parmesaankaas.