book-icon Uitgawe As die kleintjies karring

Soet karringmelkbeskuit met rosyntjies

akkreditasie
Hierdie beskuit is soeter as sy boetie met die semels. Gee dit vir die kinders as die gespeel op die kampterrein die hongerpyne laat knaag.

Jy benodig

  • 1,26 kg koekmeel
  • 3 eetlepels bakpoeier
  • 1 teelepel sout
  • 1 koppie suiker
  • ½ blok (250 g) botter
  • 2 koppies karringmelk
  • 3 ekstragroot eiers, geklits

Só maak jy

Verhit die oond tot 180 °C.

Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Gooi die suiker by en meng alles goed deur.

Smelt die botter in ’n kastrolletjie en klits die karingmelk en die eiers by. Roer die mengsel by die droë bestanddele totdat die mengsel ’n deeg vorm. 

Rol die deeg in bolletjies en pak hulle teen mekaar in die oondpan. Bak dit vir sowat 50 minute. Keer dit uit op ’n draadrak sodat dit kan afkoel.

5 Breek die beskuit uitmekaar en pak dit terug op die oondpan. Droog dit oornag uit in ’n oond van 50 °C.

Ry & Sleep sê
Bêre jou baksel in ’n lugdigte houer – dan bly die beskuit lekker lank vars.