(genoeg vir 4)
1 Skroei al die peperkorrels liggies in ’n droë pan saam met die koljander en maak dit dan saam met die sout in ’n stamper en vysel fyn. Vryf die steak oraloor met die mosterd in, gevolg deur die speserymengsel na smaak – jy kan altyd nog strooi soos wat die vleis braai. Laat die vleis eenkant marineer terwyl jy die kole regkry.
2 Smelt die botter in ’n pannetjie en braai die tamatie tot net-net sag. Voeg die asyn by plus ’n knippie sout. Hou die mengsel eenkant.