book-icon Uitgawe April-Mei 2022

RESEP | Souttert met worsies, spek en eiers

akkreditasie

1 Rasper die botter en kaas met die growwe kant van ’n rasper in die meel in. Voeg die sout en water by en meng met die hand tot die deeg bymekaar kom. Druk die deeg in ’n eweredige lagie teen die boom en binnewand van ’n 26 cm-quichepan om die kors te vorm.

2 Voorverhit die oond tot 180 °C. Sny die gekookte eiers in die helfte (of kwarte as jy verkies) en rangskik dit saam met die spek en worsies in die voorbereide kors. Klits die eiers en room saam, geur ruim met sout en peper en giet versigtig oor die ander vulselbestanddele in die kors. Strooi die pietersielie oor en bak vir sowat 45 minute of tot die tert mooi bruin is.

3 Laat die quiche ’n bietjie afkoel en stol voordat jy dit sny. Dit is ook lekker teen kamertemperatuur. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan