Spaanse frikkadelsop

akkreditasie
As jy gaan kamp, maak die rou frikkadelle by die huis en vries dit.

Vir 4 | Voorbereityd 20 minute | Gaarmaaktyd 40 minute

Jy kan die rou frikkadelle by die huis maak en vries, en dit dan net so in die sop gooi. 

Jy benodig

300 g beesmaalvleis

200 g varkmaalvleis

¼ koppie rou rys

1 sny bruinbrood

1 eetlepel koljanderblare

1 eier, geklits

1 teelepel sout

¼ teelepel gemaalde swartpeper

¼ teelepel fyn komyn

¼ teelepel rissievlokkies

½ teelepel sout

Vir die sop

1 eetlepel olyfolie

1 ui, fyngekap

2 wortels, fyngekap

2 selderystingels, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

3 eetlepels tamatiepasta

1 teelepel gerookte paprika (of gebruik gewone paprika)

¼ teelepel rissievlokkies

1 soetpatat, in klein blokkies gesny

½ botterskorsie, in klein blokkies gesny

4-6 koppies bees- of hoenderaftreksel

sap van ½ suurlemoen

Só maak jy

1. Meng al die bestanddele vir die frikkadelle goed saam. Knyp eetlepelgrootte bolletjies af en pak dit op ’n bord in die yskas sodat dit kan ferm raak.

2. Maak die sop: Verhit die olyfolie in ’n groot pot en laat die ui, wortel en seldery vir 10 minute oor ’n lae hitte sweet tot sag en glansend.

3. Voeg die res van die bestanddele (behalwe die suurlemoensap) by en laat dit prut. Pak die frikkadelle in die sop, sit die deksel op en laat dit vir 30 minute oor baie lae hitte prut totdat die groente sag en die frikkadelle gaar is. Roer die suurlemoensap net voor opskeptyd deur die sop.