Spaanse hoendergebak

akkreditasie
Hierdie gereg is spoggerig genoeg vir wanneer jy gaste onthaal. Sit dit voor met couscous, rys of gebakte aartappelwiggies.

Vir 4 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 40 minute

Hierdie gereg is spoggerig genoeg vir wanneer jy gaste onthaal. Sit dit voor met couscous, rys of gebakte aartappelwiggies.

Jy benodig

• 2 rooi-uie, elk in 8 wiggies gesny
• 500 g baie ryp kersietamaties
• 115 g chorizo, in dun skyfies gesny
• ½ teelepel paprika
• 4 takkies roosmaryn
• 3 eetlepels olyfolie
• 500 g hoenderdye
• ½ glas witwyn (of hoenderaftreksel)
• sout en swartpeper

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 200 ºC. Pak die uie, tamatie en die helfte van die chorizoskyfies in ’n groot, vlak oondskottel en sprinkel die paprika, roosmaryntakkies en olie daaroor.

2. Druk die oorblywende chorizoskyfies versigtig onder die vel van die hoender in en pak die hoenderstukke dan bo-op die tamaties. Skink die wyn by die bak, geur die hoender met sout en swartpeper na smaak en laat bak dit vir 40 minute in die oond. Laat die dis vir 10 minute staan voor bediening – só verseker jy die hoender is deurgaar maar nie droog nie.