
Vir 6 | Voorbereityd 15 minute| Gaarmaaktyd 6 minute
Jy benodig
• 500 g lamsmaalvleis
• 4 sprietuie, fyngekap
• 1 eetlepel mentblare, fyngekap
• 3 cm vars gemmer, gerasper
• 2 eetlepels srirachasous
• 1½ eetlepel vissous (of gebruik sojasous)
• 1 teelepel suiker
• ½ teelepel seesout
• ¼ teelepel gemaalde swartpeper
• 1 bossie ekstragroot ment of basilieblare
• olyfolie
• 6 bamboes- of houtsosatiestokkies, in water geweek
Vir die doopsous
• 3 eetlepels heuning
• 3 eetlepels lemmetjiesap
• 1 eetlepel gekapte sprietuie
• 1 eetlepel vissous (of sojasous)
• 1-2 teelepels srirachasous
Só maak jy
1 Meng die lamsvleis baie goed met al die bestanddele behalwe die ekstra ment- of basilieblare en die olyfolie. Maak eetlepelgrootte bolletjies met die maalvleis en rol elkeen met ’n ment- of basilieblaar toe.
2 Ryg 4-5 vleisbolletjies op elke sosatiestokkie en verf dan die olyfolie met ’n kombuiskwassie aan.
3 Sorg dat die rooster mooi skoongemaak is en smeer dit dan goed met ’n geoliede lappie. Braai die sosaties vir ongeveer 6 minute oor matige kole en draai dit gereeld om.
4 Meng al die bestanddele vir die doopsous saam en sit dit voor saam met die sosaties.