
- 6 - kruisskyfblokkies (3 x 3 cm), vet afgesny
- 1 - eetlepel olyfolie
- - ’n knippie seesoutvlokkies
- 3 - repe spek
- 6 - blokkies soetrissie
- 6 - takkies roosmaryn
- - ’n klont botter
- 3 - eetlepels brandewyn
- ½ - koppie room
- 1 - teelepel mosterd
- 1 - teelepel gemengde peperkorrels, gekneus
1. Meng die vleis met die olie en sout. Sny die spekrepe in middeldeur en draai ’n halwe reep om elke vleisblokkie. Steek die vleisblokkies saam met ’n blokkie soetrissie aan ’n kort sosatiestokkie (of stewige roosmaryntakkie).
2. Verhit ’n swaarboompan oor die kole tot baie warm en braai die vleis vinnig in botter oor hoë hitte tot mooi goudbruin en oraloor geseël. Voeg die brandewyn by die pan, steek die vloeistof aan die brand en koes – jy wil nie jou wenkbroue skroei nie! Die flambé-tegniek brand die oordadige alkoholwalm weg, maar laat die vleis met ’n heerlike geurtjie.
3. Sodra die vleis gaar is volgens jou voorkeur, haal dit uit die pan om te rus en voeg dan die room, mosterd en peperkorrels by die pansappe. Laat dit vir ’n paar minute prut tot dik en geurig.
4. Drup die warm pepersous oor die vleis en geniet dit!