
Jy benodig (genoeg vir 4)
• 1 klein rooikool, fyngesny
• 1 klein groenkool, fyngesny
• ½ rooiui, in dun skywe gesny
• 1 wortel, in dun repies gesny
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 1 toontjie gemmer van 2 cm, fyngerasper
• 1 eetlepel suiker
• 2 eetlepels witwynasyn
• sout en swartpeper
• 4 hamburgerrolletjies
• 300 g gaar steak, in dun repe gesny
Só maak jy
1. Meng die twee koolsoorte, ui, wortel, knoffel, gemmer, suiker en witwynasyn saam in ’n mengbak, geur dit met sout en swartpeper en laat dit vir 30 minute marineer.
2. Sny die rolletjies middeldeur en rooster hulle vir ’n minuut of twee in ’n pan of oor jou kampvuurkole tot hulle mooi bruin is.
3. Bou vir julle hamburgers met ’n paar skywe steak en ’n hand vol van die gemarineerde slaai op elke rolletjie.
Weg Ry & Sleep sê: Jy kan ook ’n pitabroodjie met die slaai en steak vul óf dit in ’n tortilla toevou.