Suurlemoenskywe

akkreditasie
Foto: Sadiqah Assur
Foto: Sadiqah Assur
Dié skywe is ’n bietjie ligter as ’n ryk, warm poeding.

Lewer 12 skywe | Voorbereityd 20 minute | Gaarmaaktyd 50 minute plus afkoeltyd

Hier’s ietsie ligs vir ná al die groot dae se ryk kosse.

Jy benodig 

Vir die kors

  • 1 koppie koue botter, in blokkies gesny
  • ½ koppie suiker
  • 2 koppies meel

Vir die vulsel

  • 1½ koppies suiker
  • ¼ koppie meel
  • 4 eiers
  • 2 suurlemoene se sap en gerasperde skil

Só maak jy

1 Voorverhit die oond tot 175 °C. Spuit ’n 22 x 33 cm-oondpan met kleefwerende sproei. Voer dit uit met ’n stuk bakpapier wat groot genoeg gesny is sodat daar 1-2 cm oor die rand hang. (Dit maak dit maklik om die skywe later uit die pan te haal sonder dat dit breek.) 

2 Pols die botter, suiker en meel in ’n voedselverwerker saam tot goed gemeng. Druk die krummels in ’n eweredige kors op die panbodem vas en bak dit vir 20-25 minute tot ligbruin. Verwyder en laat afkoel.

3 Maak die vulsel deur al die bestanddele daarvoor deeglik saam te klits totdat die suiker heeltemal opgelos het. Laat dit vir 10 minute staan, klits dit weer deeglik deur en skep dit oor die gebakte kors.

4 Bak dit vir 20-25 minute of totdat die bokant ’n effense goue kleurtjie kry en die vulsel begin stol. Verwyder en laat dit op ’n koel plek in jou kombuis (nie in die yskas nie!) staan tot heeltemal gestol. Sprinkel ’n bietjie versiersuiker en nog gerasperde suurlemoenskil oor as jy wil, sny in skywe en bedien.