Thaise hoender-en-pynappeljafel

akkreditasie
Foto Myburgh du Plessis
Foto Myburgh du Plessis
Hierdie hoender word liggies in klappermelk geposjeer en dan met Thaise speserye gegeur. Jy kan die mengsel voor die tyd maak en dit vries.

Veelsydige vulsel

Jy benodig

(genoeg vir 4)

  • 2-3 hoenderborsies
  • 1 blikkie (410 g)
  • klappermelk
  • 1 eetlepel Thaise kerriesmeer
  • 1 knoffelhuisie, gerasper
  • 1 rooi brandrissie (of gebruik 1 teelepel rissiesous)
  • sout en swartpeper na smaak
  • sap van ½ suurlemoen of lemmetjie
  • 2 vars pynappelringe, in blokkies gesny
  • 1 koppie koljanderblare, gekap

Vir die broodjies

  • 8 snye witbrood
  • botter

Só maak jy

1 Sit die hoenderborsies in ’n potjie en gooi die klappermelk, Thaise kerriesmeer en knoffel daarby. Verhit die melk tot net onder kookpunt, en laat dit liggies prut vir 20 minute.

2 Skep die vleis uit die vloeistof en trek die vleis met twee vurke uitmekaar. Geur die vleis na smaak met die rissie, sout, swartpeper en suurlemoensap, en meng dit dan met die vars pynappel en koljanderblare.

3 Smeer die brood met botter, vul twee snye brood met ’n skeppie maalvleismengsel en braai die toebroodjie tot goudbruin in ’n jafelpan.

Ry & Sleep sê
As jy lus is vir iets anders, is hierdie ook ’n voortreflike vulsel vir pizza en pasteie