Vark en sampioene op ’n stokkie

akkreditasie

’n Mens kan nooit té veel sampioene in ’n gereg hê nie. Ek maak altyd ’n ekstra pannetjie eenkant gaar (sien stap 5) om aan te peusel.


Vir 8 | Voorbereityd 5 minute plus marineertyd | Gaarmaaktyd 15 minute


Jy benodig

1,5 kg varkfilet
3 eetlepels sojasous
3 eetlepels sjerrie
3 eetlepels heuning
3 eetlepels olyfolie
2 eetlepels tiemie, fyngekap
4 sprietuie, fyngekap
sap van 2 suurlemoene
500 g knopiesampioene
100 g botter
’n paar takkies vars tiemie
2 knoffelhuisies, gekneus
swartpeper na smaak


Só maak jy

1. Sny die filet in blokkies van 4 cm.

2. Meng die sojasous, sjerrie, heuning, olyfolie, tiemie en sprietuie baie goed saam, druk die suurlemoensap daaroor uit en marineer die vleisblokkies en die helfte van die sampioene vir 2 uur daarin.

3. Sny die ander helfte van die sampioene in dun skywe en hou dit eers eenkant.

4. Ryg die gemarineerde sampioene en vleisblokkies op 16 sosatiestokkies.

5. Smelt die botter in ’n pan op die kant van die rooster en braai die gesnyde sampioene saam met die tiemietakkies en knoffel daarin. Geur dit met sommer baie draaie swartpeper.

6. Braai die sosaties vir ongeveer 12-16 minute – draai dit deurentyd om – en sit dit voor met ’n paar skeppies van die sampioene.


Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan