Die sterk rissie in kombinasie met die soet dadel komplementeer hierdie soutige gereg perfek.
1. Pak ses stukke kombuistou – lank genoeg om die vleis in ’n rol te bind – sowat 2 cm uitmekaar op ’n skoon werkoppervlak. Pak die spekrepe bo-op – langs mekaar en parallel met die toue.
2. Vlek die varkfilet in die lengte. Skep ’n lepel vol roomkaas en ’n repie dadel binne-in elke rissie en rangskik dié dan in ’n lyn oor die lengte van die vleisstuk. Vou nou die filet oor die rissies toe en sit dit versigtig bo-op die spek. Rol die vleis in die spek toe, bind dit vas met die toutjies en braai dit óf oor die kole óf op ’n riffelplaat totdat die spek bros en die filet gaar is. Verf net voor jy dit afhaal, van die soetsuur sous aan sodat die spek mooi blink