book-icon Uitgawe September 2020
Deel

Varktjops met roosmaryn

akkreditasie

1. Druk die vleis goed droog, vryf die knypie sout in die vel en sit die vleis oornag oop in die yskas. Dié stap is nie noodsaaklik nie, maar as jy die tyd het – en jou kampeerplek die gerief – kan jy dit gerus oorweeg. Die yskas help die vog onttrek en dít laat die vel bros braai.

2. Maak die bestanddele vir die vryfmengsel met ’n stamper en vysel fyn en vryf die vleis oraloor daarmee in. Rangskik die tjops regop langs mekaar en druk ’n sosatiestokkie deur om hulle so te hou.

3. Braai nou die tjops, stadig met die velkant eerste, oor matige hitte tot dit begin borrel en bros raak. Trek die stokkie uit en braai die tjops plat tot hulle mooi bruin is en gaar na jou smaak. Hou die tjops mooi fyn dop om ’n sappige stukkie vleis met ’n bros sooltjie te kry – vat dus jou tyd.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan