Deel

RESEP | Veerligte piesangbrood

akkreditasie
Veerligte piesangbrood
Veerligte piesangbrood
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 2 brode
Gaarmaaktyd: 50 minute
Bestanddele
  • 3 - eiers
  • ¾ - koppie olyf-, klapper- of avokado-olie
  • 2/3 - koppie bruinsuiker, plus ekstra
  • ½ - koppie witsuiker
  • 2 - groot murgpampoentjies, gerasper
  • 2 - ryp piesangs, fyngedruk
  • 2 - teelepels vanieljegeursel
  • 1 - eetlepel fyn kaneel
  • 3 - koppies meel
  • 1½ - teelepel bakpoeier
  • 1 - teelepel koeksoda
  • 1 - teelepel sout
  • ½ - koppie pekan- of okkerneute, gekap (opsioneel)
Metode
Het jy al brood gebak met dié groentesoort in?

1. Voorverhit die oond tot 160 ºC en berei 2 broodpanne van 20 x 10 cm (of ’n standaardgrootte muffinpan vir 2 dosyn) voor.

2. Klits die eiers en klits dan die olie en suiker daarby. Roer die murgpampoentjie, piesangs en vanielje daarby. Meng die kaneel, meel, bakpoeier, koeksoda, sout en neuter saam en roer dit deur die klam mengsel. Skraap die deeg in die voorbereide pan uit en sprinkel 2 eetlepels bruinsuiker bo-oor.

3. Bak die broodjies vir 50 minute (of 35 minute as jy muffins bak). Die brood is deurgebak sodra ’n toetspen skoon uitkom.