book-icon Uitgawe Augustus-September 2021

Die Oos-Kaap se natuurlike wonders

akkreditasie
Ons reis deur die Oos-Kaap sluit in twee van die provinsie se voorste bestemmings: Die Addo-olifant- nasionale park en die Baviaanskloof, ’n wêrelderfenisterrein.

Op hierdie roete sal gaste nie net hope wild en ongerepte landskappe sien nie, maar ook oor asemrowende passe ry, natuurlike wonders ervaar en geskiedkundige dorpies verken.

Gaste begin hierdie toer in ’n kampplek naby Kenton-on-Sea van waar julle die branders vroegmôre hoor.

Hiervandaan reis die groep na die Addo-olifant- nasionale park, insluitend die minder bekende suidelike en noordelike seksies.

Dan draai die geselskap wes en reis deur die Karoo tot by die westelike ingang van die Baviaanskloof.

Die reis lei ons ooswaarts deur rivierkruisings en oor bergpasse totdat ons die lengte van die Kloof afgelê het.

Van Patensie af volg ons die Gamtoosrivier tot by die oseaan. Hier verken ons die speelplek van olifante en bobbejane en takel epiese gruispaaie.

OP DIÉ TOER

Jy benodig ’n viertrekvoertuig met goeie grondvryhoogte. Laestrek en ewenaarslotte is nie noodsaaklik nie.

Die voertuig moet hoëprofielbande hê wat moeilike terrein kan aanpak.

Die voertuig se noodwiel moet ’n volle grootte wees bo-op ’n gepaste wielvelling.

Die bestuurder hoef nie enige ervaring van sand-, rots- of veldry te hê nie.

Die groep sal lang tye in 4x4-rat ry wat brandstofverbruik sal verhoog.

Beraam hiervolgens:

Petrolaangedrewe voertuie 5-7 km per liter

Dieselaangedrewe voertuie 5 km per liter

DATUMS EN KOSTE

13-21 Oktober 2021 R14 450 per volwassene; 50 % vir kinders jonger as 10

Hoe lank? 10 dae, 9 nagte

Begin Cannon Rocks

Eindig Gamtoosrivier-vallei

WAT ONS VERSKAF

  • Tentblyplek
  • ’n Spesialisgids
  • Tweerigtingradio’s in alle voertuie
  • Drie etes elke dag
  • Toegangstariewe tot alle parke
  • 4x4-bystand indien nodig

WAT JY MOET BRING

  • Jou eie voertuig – ’n 4x4 is noodsaaklik (jy betaal self vir brandstof)
  • Reisversekering
  • Koeldrank, drankies en versnaperinge
  • Persoonlike artikels soos medikasie, sonskerm, ’n verkyker, ’n kamera, ens.
  • ’n Kampstoel

Stuur navrae aan bookings@bhejane.com, besoek bhejane.com of skakel 082 724 0442 vir ’n volledige reisplan en toerdatums.