book-icon Uitgawe April-Mei 2022

Gryp jou kamera, Namibië se suide wag!

akkreditasie
Wil jy foto’s neem net soos Weg se fotograwe? Hier is jou kans om jou fotovaardighede te verfyn en terselfdertyd die vakansie van ’n leeftyd te beleef in een van Afrika se mees beeldskone gebiede!

As jy onlangs Weg se aanlyn-fotokursus voltooi het, jou eerste kamera aangeskaf het of bloot meer wil leer oor landskap-, wild- en reisfotografie, is hierdie toer vir jou!

Dié toer is deels fotowerkswinkel en deels begeleide padreis. Jy bring hope tyd deur by al die foatohoogtepunte in die suide van Namibië waar Evan Naudé, een van Weg se gereelde fotograwe, jou touwys maak.

Daarby is die reis tussen bestemmings is ook deel van die ervaring, want hier is die grondpaaie en die tonele langs die pad opsigself skilderagtig!

Op sommige dae sal jou gids jou op die mooiste tyd van die dag na ’n uitgesoekte ligging neem sodat jy perfekte foto’s kan neem.

Op reisdae ry jy met mooi grondpaaie en stop by asemrowende uitkykpunte, interessante padstalle en selfs ’n kasteel in die woestyn!

Reisplan

Dag 1

Die toergroep ontmoet by die Canyon Roadhouse digby die Visriviercanyon.

Dag 2 & 3

Ná ’n vroegoggend besoek aan die canyon mik ons vir Lüderitz. Langs die pad stop ons by mooi uitkykpunte, die spoorwegdorpie Aus, die wilde perde op die Garubvlaktes en vele fotogeleenthede tussenin.

Die volgende oggend verken ons die spookdorp Kolmanskop, bekend vir sy geboue wat stadig deur die Namib-woestysand gevul word. In die namiddag verken ons Lüderitz met sy interessante Duitse argitektuur.

Dag 4 & 5

Vandag ry ons terug na Aus en vandaar met ’n grondpad verby die suidwestelike grens van die Namibwoestyn.

Die roete neem ons verby vlaktes aan die voet van die Tirasberg voordat ons die volgende bestemming, die At Kronenhof Lodge, bereik.

Die volgende dag fokus ons op landskapfotografie op die reservaat en bring ’n besoek aan die nabygele? Duwisib-kasteel wat deur ’n Duitse baron in 1909 gebou is.

Dag 6 & 7

Ons volgende bestemming, Sesriem, is ’n hoogtepunt vir enige fotograaf! Ons bly twee aande in ’n lodge binne die parkhekke, wat beteken dat ons voor sonop en tot ná sononder in die park mag wees.

Sodoende kan ons Sossusvlei, Dooievlei en die magiese duine van die Namibwoestyn in die beste oggend- en namiddaglig afneem! Ons besoek ook die Sesriemcanyon, ’n sandsteenkloof wat deur die Tsauchabrivier uitgekerf is. 

Dag 8 & 9

Vandag ry ons na Swakopmund en stop padlangs by Solitaire vir apfelstrudel voor ons deur die Gaub- en Kuisebpas kuswaarts ry.

Die volgende oggend wag ’n avontuurlike uitstappie wanneer ons deur die Namibwoestyn ry na Sandvishawe, ’n beelskone strandmeer tussen die duine.

Ons is net ná middagete weer terug in Swakopmund en het tyd om die dorp verder te verken voor aansit vir ons laaste aandete.

Dag 10

Ná ontbyt sluit die toer af en ons groet met herinneringe van ’n onvergeetlike toer en ’n  kamera vol skitterfoto’s!

Goed om te weet

Hoe lank is die toer? 

10 dae, 9 nagte

Toerdatum

8-17 Augustus 2022

Wat kos dit?

R25 500 per persoon (10% bybetaling vir enkelpersone)

Beginpunt

Canyon Roadhouse, Visriviercanyon

Eindpunt

Swakopmund

Ingesluit by die prys

• Alle verblyfkoste in lodges en gastehuise

• Alle etes (drie maaltye per dag)

• Alle geadverteerde aktiwiteite

• Toegangstariewe vir parke

• Professionele toerleier en fotograaf

• 50% afslag op Weg se Neem Beter Foto’s-aanlynkursus

Wat moet ek bring?

• Jou eie voertuig (een wat nie skrik vir grondpaaie nie)

• Brandstof

• Grenspostariewe en padbelasting

• Drinkgoed en versnaperinge

• Versekeringsdekking vir mediese noodgevalle en ontruiming

Hoogtepunte

• Visriviercanyon

• Kolmanskop

• Aus se wilde perde

• Tirasberge en woestyntonele

• Sossusvlei, Dooievlei en Sesriemcanyon

• Swakopmund en Walvisbaai

• Sandvishawe-4x4-uitstappie

Vat my saam!

Klik hier om te bespreek.

Vir meer inligting en besprekings:

Black Jackal 064 702 6006, bookings@blackjackaltravel.com, blackjackaltravel.com  

@blackjackaltravel op Instagram en Facebook