1 Ons is almal uniek
As jy al ooit ’n begeleide 4x4-toer meegemaak het, sal jy dalk onthou hoe die toerleier almal opdrag gee om hulle bande se lugdruk tot ’n sekere syfer te verminder.
Óf hy het “nul punt agt!” uitbasuin óf hy is die soort ou wat elkeen in die groep se voertuig deurkyk en ’n unieke lugdruksyfer voorstel wat by elke ryding pas.