Agter slot en grendel

akkreditasie
Slim vang sy baas
Slim vang sy baas
Gert Visser van die Strand gebruik ’n gewone slot om sy woonwa se trekstang in plek te hou as hy sleep én so slaan hy sommer drie vlieë met een klap. Hy verduidelik:

Ek sit basies net ’n klein slot knus agter die trekstang se veiligheidsknip en dit gee my bykomende veiligheid wanneer ek sleep – omdat die knip nie kan beweeg as die slot gesluit is nie, kan die wa se haak nie van die bol loskom nie. 

Tweedens beskerm dit my wa teen diefstal omdat niemand die wa kan loshaak nie. En as die wa in die kampplek afgehaak en die slot ingehaak en gesluit is, kan niemand jou wa haak en daarmee verkas nie. 

Daar is natuurlik duurder en deftiger produkte op die mark, maar op dié manier het ek gemoedsrus wanneer ek sleep. 


Hierdie artikel het oorspronklik in WegSleep#92 (September 2016)verskyn.