Barrydale Hand Weavers-kussingslope
Wanneer ’n mens iets van dié wewery in die Klein-Karoo koop, weet jy jy ondersteun ’n gemeenskap waar werk skaars is. Jy kan selfs op hulle webwerf gaan kyk wie die wewers is wie se handewerk jy aanskaf.
’n Wye reeks produkte is beskikbaar, van plekmatjies en servette tot matte en komberse. Alles word van plaaslik verboude katoen met die hand geweef.