book-icon Uitgawe Maart 2018

Geveer vir meer as teer

akkreditasie

Bladvere bestaan sedert die tyd van die antieke Egiptenare toe ’n getroue ingenieur ’n strydwa met vering aan die bekende farao Toetankamen gegee het.

Om die een of ander rede het die tegnologie verlore geraak – tot die Grieke dit twee en ’n half duisend jaar gelede herontdek het. Die Griekse tiran Dionusos van Sirakuse het die bladveer in beleëringswapens gebruik om ander Grieke met enorme spiese te skiet eerder as om sy strydwaens se ritgehalte te verbeter. Die Romeine het die bladveer by die Grieke geërf, maar vreemd genoeg het hulle ook nooit daaraan gedink om die harde rit van hulle waens daarmee te versag nie.

Twee duisend jaar later, in 1804, patenteer die Engelsman Obadiah Elliot dit uiteindelik vir gebruik in perdekarre. Met die koms van die motor is die bladveer uiteraard ingespan, maar dit het amper weer in onguns verval omdat bladvere die eerste motors erg laat bokspring het (dit was in die dae voor skokbrekers).

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan