book-icon Uitgawe Februarie-Maart 2021

Komkommerkoel op die langpad

akkreditasie

Ys-vrieskaste word tipies in drie groepe verdeel op grond van die grootte daarvan: Kompak, middelslag en groot.

’n Kompakte yskassie (gewoonlik 12-25 l) is klein genoeg dat jy hom tussen die voorste twee sitplekke kan staanmaak. Jy’t nie ’n ingewikkelde dubbelbattery- stelsel nodig nie en prop hom sommer by die 12 V-sigaretaanstekersok in. Die nadeel van so ’n yskassie is dat hy waarskynlik nie kan vries nie. Hy’s slegs geskik vir water, koeldrank en vrugte. Verwag om rondom R1 500 vir een te betaal.

Middelslag-ys-vrieskaste (25-65 l) het dikwels twee kompartemente: een vir bevrore proviand en ’n tweede wat slegs koel hou. Sommige van hulle werk uitstekend, maar omdat die twee kompartemente inmekaarvloei, is dit soms moeilik om die temperature in die ys- en vriesgedeelte afsonderlik te reguleer. Hierdie tipe ys-vrieskaste kos gemiddeld rondom R7 000.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan