Eezi-Awn se grootmeneer deel sy DNS met die oorspronklike reeks wat in 1988 al die lig gesien het. Hy het egter heelwat moderne eienskappe soos die dubbelgestikte 360 GSM-swaardiensseil, muskietnette voor die vensters en YKK-ritssluiters van ’n goeie gehalte.
Daar is groot sakke aan die binnekant van elke paneel waar jy jou goed kan bêre. Die intrekbare leer is 2 300 mm lank en die daktent het aluminiumpale wat uitgly om ’n ekstra vertrek te skep wat 2 000 mm lank en net so breed is as die res van die tent.
Prys: R34 495 by Eezi-Awn.