Tot onlangs was drie Armadillo-modelle beskikbaar: Die XTR 504, XTR 402, en die kleinste model, die XTR 302. Laasgenoemde het twee jaar gelede sy verskyning gemaak en ’n beduidende invloed gehad op die pad vorentoe.
Al drie die modelle het plek gemaak vir die XTR 312, en die XTR 302 was die bloudruk.
As ’n mens vinnig na die XTR 312 kyk, trek hy baie op die XTR 302. Die opvallendste verskil is die vorm van die neus: die nuweling het ’n plat paneel terwyl die XTR 302 ’n ekstra voulyn het.