Ek het dié outjie in ’n gelukstrekking by ’n fietsresies gewen en sedertdien is dit die reissak wat ek inspan as ek vir ’n paar dae weggaan.
Eerstens is dit ’n fietsryer se droomsak, want dit het genoeg ruimte vir drie tot vyf dae se fietsry-toebehore, met spesiale kompartemente vir jou valhelm en al jou hemde, sokkies en broeke.
Dit het selfs ’n spesiale seilvakkie vir jou skoene, wat maklik skoongemaak kan word. Die opening van die sak maak lekker wyd oop sodat jy alles kan sien as jy vinnig jou windjekker moet vind.