Fujifilm X-S10
Fujifilm vervaardig dosyne spieëllose kameras teen verskillende pryse. Die meeste van die meer kompakte kameras herinner aan die beeldsoekerfilmkameras uit vorige dekades (sien die X100V hieronder).
Die probleem met dié soort ontwerp is egter dat die kamera nie ’n lekker greep bied nie, en dis moeilik om mee te skiet.