Net soos die radio’s van ouds wat jy met ’n konstante stroom Eveready-batterye moes voer as jy smiddae na Wolwedans in die Skemer op Springbok Radio wou luister, kan jy hierdie Sinotec enige plek met jou saamdra wanneer die ligte afslaan. Daar is selfs ’n gleuf vir ’n SD-kaart indien jy jou eie musiek wil speel.
Die grootste pluspunt is egter die ingeboude litium-ionbattery wat met ’n USB-kabel herlaai word, én die feit dat jy dit bloot net kan inprop wanneer daar krag is én die feit dat dit ook gewone alkaliese D-batterye as kragbron kan gebruik.
Nou is daar geen verskoning om ons kollega Sophia van Taak se Vers en Klank op Dinsdagaande om 9.20 nm. op RSG mis te loop nie!