book-icon Uitgawe Oktober-November 2022

Woonwatoets: Tuff Cats Dindingwe, die kat se snor!

akkreditasie

Die Dindingwe is Tuff Cats se nuutste reeksmodel en ook die eerste een met ’n binnebadkamer. Daarby kry die Dindingwe ’n 28 l-mikrogolfoond standaard, terwyl die ander twee modelle, die Shumba en Mbada, se 20 l-mikrogolfoond opsioneel is. Dié twee modelle kry ’n 105 Ah-battery en die Dindingwe ’n 200 Ah-litiumbattery.

Ook die geisers verskil: Die standaard Shumba en Mbada het ’n inlyngasgeiser en die Dindingwe ’n 220 V-gasgeiser. Al die modelle het ’n watertenk van 120 l. Die gewigte verskil ook: Die Shumba se brutovoertuigmassa (BVM) is 1 600 kg, die Mbada 1 800 kg en die Dindingwe 2 000 kg.

Nadat jy die Dindingwe met die vier afswaaihoekstutte stewig het, is dit tyd om die dak te lig, die stoepdak oop te slaan en die bed uit die regterpaneel te trek. Tuff Cats moet ’n pluimpie kry vir die praktiese trappie wat jy voor die deur neersit om in te klim.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan