Chobe River Camp: Geniet die weelde van stilte

akkreditasie
Chobe River Camp
Chobe River Camp
Chobe River Camp is geleë 4km vanaf die Ngoma-grenspos tussen Botswana en Namibië. Staar uit oor die vloedvlaktes en geniet die stilte op die oewer van die Choberivier.

Ons het 20 tentchalets en die lodge is geïnspireer deur die natuurlike skoonheid van die landskap. Al die chalets is gebou van inheemse Mopaniehout en seil.

Hierdie streek is Namibië se eie weergawe van die Serengeti en bied een van die grootste sebra-migrasies in Afrika. Gaste is ook verseker van groot troppe olifante, wildebeeste en bokke. 'n Natuurliefhebber en voëlkyker se droom en die ideale plek vir 'n wegbreek.

Kontak: +264 61 427200, bookings@gondwana-collection.com

rhdr
Chobe River Camp