
Kalahari Sands
Kalahari Sands-gastehuis is geleë op Askham – 70 km van die Kgalagadi-oorgrenspark – in ’n veilige omgewing en stapafstand van die winkels en koffiewinkel.
Dis volledig toegerus vir selfsorg en bied braaigeriewe, TV, lugversorging en veilige parkeerplek.
Elke eenheid is vrystaande en privaat. Besoekers kan kies uit een-, twee of drieslaapkamer-chalets, almal en suite. Die luuksste een, die Kliphuis, is ’n ware bederf vir 3 paartjies wat saam wil bly met ’n groot stoep vir lekker kuiers.
Kontak 082 371 4549; ksgaskham@gmail.com