
The Roots-leefstylsentrum
Kom vir die koffie, bly vir die rus en vrede by Roots Cafe by The Roots in Potchefstroom.
Hierdie versteekte juweel het knus kuierplekke sowel as groter sitkamers – feitlik enige grootte groep kan geakkommodeer word. Die koffiewinkel het binne- en buite-speelplek vir kinders.
Dis die ideale venue vir baba-tee’s, bruidspartytjies en verjaardae. Kom vier dit hier. Die kos, wat deur ’n sjef op die terrein berei word, is puik.
Kontak: www.theroots.co.za/