Deel

Asher Stable Stay, De Rust

akkreditasie

Kom ontspan kommervry in die Klein-Karoo!

Asher Stable Stay bestaan uit sewe eendhede, drie met twee enkelbeddens elk en vier dubbelkamers (met een dubbelbed elk).

Elke kamer is toegerus met basiese noodsaaklikhede, waarvan twee toegerus is met lugversorging. Ons verkies die veiligheid, vreedsaamheid en natuurskoon eerder as luuksheid om van die alledaagse gejaag en stres te ontnap.

Alle akkommodasie sluit in:

  • Gratis internet
  • Gratis droë olyfhout vir braai
  • Veilige onderdakparkering

Jy kan ook die volledige reeks De Rustica-olyfolie (en olywe) teen fabriekspryse koop.

Kontak Penny Ackermann: 081 757 8029 (bel of Whatsapp); asherstablestay@derustica.co.za; derustica.co.za/accommodation