Buffelsdrift-wildlodge is in die hartjie van die Klein Karoo, wat deel uitmaak van die wêreldberoemde Tuinroete. Ons is net 6,5 km buite Oudtshoorn, die volstruishoofstad van die wêreld.
Die lodge is sowat 300 m van die teerpad wat na die Kangogrotte lei. Die hooflodge-area is reg langs ’n 5 ha-watergat, wat spog met groot visse, skilpaaie en seekoeie.
Van die houtdek wat die lodge-area omring, kan jy ons olifante sien loop, ons seekoei3 en visse in die water sien swem, asook ander wild wat op die oorkantste oewer wei. As jy gelukkig is, sal jy selfs die visarend sien wat sy daaglikse maaltyd vang.