FOTO'S Evan Naudé
’n Woestyn lyk dalk leeg, maar is dikwels vol stories en legendes. Die Namib-woestyn is geen uitsondering nie. My woestynstorie begin op ’n plekkie genaamd Solitaire. Dis seker die mees gepaste naam vir ’n plek wat ek al teëgekom het. Want as jy hier woon, kan dit erg eensaam word.