
Angola is hardebaard-wêreld. Lees hoe een leser plan gemaak het om hul voertuie uit te rus om in diè Afrika-land te ry.
’n Mens pak nie sommer ’n hardebaard roete van twee weke deur Angola aan sonder ’n gemodifiseerde hardebaard voertuig nie, sê die WegRy-leser André van Tonder, wat dié land besoek het. Hulle voertuie was met die volgende uitgerus:
- veldbande (Coopers, BF Goodrich en Kumho), twee noodwiele, bandhersteltoerusting;
- dakrakke (geen daktente nie);
- watertenks, jerrykanne;
- omskakelaars (inverters);
- herwinningstoerusting (stroppe van 35 m lank);
- kompressors;
- tweerigtingradio’s; en
- Garmap en Tracks4Africa op die GPS’e.
Een van die Land Cruisers was in ’n dubbelkajuit omgebou en die ander een was ’n bakkie.
Al vyf voertuie was met ’n werkverrigtings-mikroskyfie van Steve’s Auto Clinic in Vanderbijlpark toegerus sowel as free flow-uitlaatpype, ook van Steve’s. Dit het beter brandstofverbruik en meer krag tot gevolg gehad.