Tinkie-en-Peppermint Crisp-laagpoeding

akkreditasie
As Peppermint Crisp ’n man was, en Tinkie ’n vrou, was hulle beslis getroud.

Jy benodig

(genoeg vir 4)

  • 1 boks Tinkies (vanieljegeur)
  • 1 blik (360 g) karamel
  • 1 blik (290 g) room, oornag verkoel
  • 3 Peppermint Crisp-sjokolades, fyn geslaan

Só maak jy

1 Sny elke Tinkie in ses skyfies.
2 Neem ses glase (iets soos kort whiskeyglase) en pak drie Tinkie-skyfies onder in elke glas.
3 Gooi die karamel in ’n mengbak en skep twee eetlepels room by. Roer dit tot ’n gladde mengsel vorm.
4 Verdeel nou die helfte van die karamelmengsel tussen die glase en sprinkel ’n derde van die Peppermint Crisp-krummels bo-oor.
5 Verdeel dan die helfte van die oorblywende room tussen die glase, en pak nog ’n lagie Tinkie-skyfies bo-op elkeen.
6 Herhaal die proses tot al die bestanddele opgebruik is. Eindig met ’n lagie room en ’n sprinkel sjokoladekrummels. Sit dadelik voor sodat die room nie smelt nie.

Wenk
Verkoel die room oornag in die yskas. ’n Mens kan nie geblikte room styf klop nie, maar as jy dit goed verkoel, word die room lekker dik.