Met die eerste oogopslag, as na die nuutste misdaadstatistieke gekyk word, is ons nie veilig nie. Volgens misdaadstatistieke wat onlangs deur die polisie bekendgemaak is, het moord, ernstige aanrandings en huisbrake gestyg.
Drankmisbruik en ander sosio-ekonomiese omstandighede in die gemeenskap dra egter volgens die polisie grootliks by tot geweldsmisdade.
Polisiewoordvoerders is dit eens dat die meeste geweldsmisdade oor naweke plaasvind. Dit laat die gewone mens dalk ’n bietjie meer gerus voel, want die logiese gevolgtrekking is as mens ’n nugter, rustige lewe lei, die geweld vrygespring kan word.
Dit is dus nie ons almal se probleem nie, of is dit? Die onmiddellike reaksie van baie mense sal wees om die kop in die sand te steek en die sosio-ekonomiese probleme, wat ons mede-inwoners teister, te ignoreer